Gansbaai
not just a visit ... but an adventure
GANSBAAI TOURISM        ::        WESTERN CAPE        ::        SOUTH AFRICA
HOME GANSBAAI INFO
STAY
DINING
COUNTRY MEMBERS
EXPERIENCES
DESTINATIONS
BUSINESSES
PHOTO GALLERY

Local Weather

19.4°C
67°F

Contact Details
GANSBAAI TOURISM BUREAU
Gateway Centre
Kapokblom street
P.O. Box 399
Gansbaai
7220
Tel. : +27 (0) 28 3841439
Fax : +27 (0) 28 3840955
Email: info@gansbaaiinfo.com



 
Walvis Monument in De Kelders

De Kelders kan voortaan met sy “eie” walvis spog, behalwe vir die vele wat op De Kelders se “voorstoep” in die see baljaar. Hierdie walvis lê rustig in sy kampie in De Kelders se parkie op die h/v Guthrie- en De Villiersstrate.

Die aanwins van hierdie besienswaardigheid vir De Kelders is moontlik gemaak deur die versiendheid van Wilfred Chivell van Dyer Island Conservation Trust, ‘n bekende natuurkundige en –liefhebber van hierdie omgewing. Two Oceans Productions van Roggebaai was etlike maande gelede betrokke by die vervaardiging van ‘n Duitse film by Kogelbaai.

Volgrootte walvisse is teen hoë koste uit veselglas vervaardig om ‘n strandingstoneel te kon uitbeeld. Die vervaardigers het gehoop om met die film, “Song of Whales”, by te dra tot die bewuswording van die impak wat onverantwoordelike praktyke op die natuur kan hê. Hulle was bewus van Wilfred se intense betrokkenheid by mariene- en ander bewaringsaksies en het besluit om van die walvisse aan hom te skenk. Dyer Island Conservation Trust, wat enkele jare gelede deur Wilfred tot stand gebring is, bevorder onder andere die bewaring van walvisse en finansier ook navorsing van verskeie spesies op en om Dyer Eiland.

Ongeag die hoë vervoerkostes en –reëlings ten opsigte van die nagemaakte walvisse, het Wilfred besluit om twee van die walvisse na Gansbaai te laat bring. Een is intussen bietjie “opgeknap” en is tydens die Hermanus Walvisfees ten toongestel. Nou het Wilfred dit goedgedink om daardie een aan Gansbaai Munisipaliteit te skenk, ‘n skenking wat met groot opgewondenheid deur mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, aanvaar is.

Die nagemaakte reus, wat nou rustig in sy kampie in De Kelders se parkie lê, weeg ongeveer 800kg, is 13m by 5m en is met ‘n hyskraan van ‘n lae-bed vragmotor afgelaai en in die kampie geplaas. Die omheinde kampie is nodig ten einde direkte toegang deur mense te voorkom, wat moontlike beskadiging tot gevolg kan hê. ‘n Beroep word op almal gedoen om die walvis net te besigtig en te waardeer, sonder om oor die heining te probeer klim en moontlike skade daaraan te berokken nie.

Hardus Botha

info@gansbaaiinfo.com



Site designed and hosted by
S² Web Solutions
S2 Web Solutions